Wednesday 29 April 2009

Skryf in Afrikaans

Ai, hoe lekker is dit nie om net 'n bietjie vryheid te geniet wanneer ek skryf nie. In hierdie lieflike taal. Onbevange, sonder vrees dat ek iets op 'n verkeerde manier kan besig wat 'n ander kulture kan beledig. Tog te lekker.

Laat ons skryf. Sommige enige storie wat jy wil vertel. Jy kan maar lieg, moet net nie iemand beledig nie. Moet ook nie vloek nie (vok, kak en moer is nie vloekwoorde in Afrikaans nie, dit is 'n bondige uitdrukking van emosie). Enige storie wat jy om die vuur sou vertel as daar kinders en oumense teenwoordig was.

Die doel is om in Afrikaans te leer skryf . Sonder lat die donsdosiesdinamiek juffrou raas, of die broederbond meneer laat blyk dat hy eitlik die een is wat regte Afrikaans ken.

Geniet

Dries